Vele maatskappye is opsoek na ‘n betalingspoort in SA wat ‘n herhalende intekengeld kredietkaartverwerkingstelsel kan bied, sodat hulle maandelikse rekeninge aan klante kan stuur. Ons PaySubs-stelsel bied ‘n verbruikersvriendelike stelsel wat maklik by ‘n aan-lyn kredietkaart-verwerkingsdiens kan integreer. Dit bied ‘n intekenaarsdiens waarby die kaarthouer gereeld teen ‘n gespesifiseerde bedrag gedebiteer word. Hierdie diens bied ook verhoogde sekuriteit aan die handelaar omdat kredietkaart-besonderhede deur ons gestoor word vir betalingsverwerking. Hierdie internasionaal-aanvaarde stelsel bied ‘n lae risiko aan die kaarthouer.
PaySubs Intekendienste kan deur ‘n web-koppelvlak geskep word (deur die PayWeb aan-lyn kredietkaartbetalings koppelvlak) of met die hand deur die PayGate Back Office administrasie webwerf. Wanneer ‘n intekenaarsrekening geskep word, sal die faktuurdatum en die bedrag gestel word, sowel as die intekenperiode. Dit is ook moontlik om die eerste intekenbedrag onmiddelik te verwerk deur die Process Now opsie te gebruik. Die eerste betaling kan verskil vam die herhalende bedrag. Op die aangewese faktuurdatum elke maand, sal die PayGate-stelsel outomaties ‘n vordering skep om aan te pas by die voorafgestelde bedrag en teenoor die gespesifiseerde kredietkaardnommer. Alle betalings word direk deur die handelaar se internet handelaarsrekening verwerk en aangepas by een van ons ondersteunende banke. Sogenoemde kaart sal dan op dieselfde dag van elke maand gedebiteer word vir die duur van die intekendiens. Dit is moontlik om ‘n intekendiens te kanselleer of te wysig deur die PaySubs bladsy in die PayGate Back Office.
PaySubs bied ‘n betroubare en veilige outomatiese kredietkaart-betalingsdiens wat besighede toelaat om hulle intekendienste teenoor klante se kredietkaarte te verwerk, op ‘n maandelike basis, teen dieselfde wyse as ‘n debietorde. Hierdie transaksies word dan direk na hulle internet handelaarsrekening verwerk. PaySubs is buigsaam genoeg om die benodighede te dien van alle maatskappye wat herhalende intekenbetalingsdienste benodig, aangesien dit ‘n koppeling bied deur die web of met die hand.