Is jy die eienaar van ‘n toerismebesigheid, ‘n reisagentskap of ‘n gastehuis, en jy wil kredietkaarte ten betaling aanvaar vanaf internasionale kredietkaarte, sonder die addisionele onkoste vir die ontwikkeling van ‘n webwerf wat kredietkaarte aan-lyn kan aanvaar? Dan sal PayGate se PayBill-diens ‘n maklike, veilige en bekostigbare oplossing bied. Die PayBill-diens laat die verbruiker toe om ‘n faktuur vir ‘n klant te skep via ‘n koppelvlak wat deur die PayGate Back Office Administration webwerf beskikbaar is. Hierdie faktuur word via ‘n e-pos na die klant gestuur en dit sluit ‘n skakeling met ‘n sekuriteitsbetalings-bladsy in, wat die klant toelaat om sy kredietkaart besonderhede te bied ten betaling.
Die betaling word dan verwerk na die handelaar se internet handelaarsfasiliteit. Hierdie proses gebeur in ‘real time’ en beide die handelaar en die klant word deur e-pos in kennis gestel wanneer die betalings suksesvol is. PayBill is verenigbaar met PayProtector Online, wat die keuring van bedroglike transaksies op aan-lyn kredietkaart-betalings in ‘real time’ toelaat. Hierdie diens keur die transaksies en blok die Hoë Risiko transaksies voor hulle verwerk word. PayBill kan ook 3D Secure fasiliteer – Mastercard en VISA se kredietkaart bekragtigingsdiens wat aan die handelaar dekking bied teen die risiko van sekere ‘charge backs’.
PayFx – ons valuta omskakelingsdiens – kan ook gelyktydig met PayBill gebruik word sodat jy ‘n faktuur in ‘n vreemde valuta na jou klant kan stuur. Wanneer betaling geskied, sal die bedrag na Rand omgeskakel word volgens die lopende valutakoers. PayBill kan ook betalings fasiliteer deur PaySum1 – ‘n revolusionêre nuwe betalingsmetode wat handelaars toelaat om buitelandse valuta ten betaling van international klante te ontvang, sonder om kommissie en bankfooie te betaal. Vir meer inligting, besoek www.paysum1.com.
PayBill bied ‘n eenvoudige, veilige en bekostigbare metode om kredietkaarte en buitelandse valuta te aanvaar, sonder die addisionele onkoste vir die ontwikkeling van ‘n webwerf wat kredietkaarte aan-lyn kan aanvaar. Dit is maklik om PayBill te aktiveer en op te stel, want onwikkelingstyd is onnodig en jy sal dus nie lank hoef te wag vir gereedheid om kredietkaarte en buitelandse valuta te aanvaar nie.
